Harlow Shapley

Harlow Shapley
Gebore 2 November 1885
Nashville, Missouri
Oorlede 20 Oktober 1972 (op 86)
Boulder, Colorado
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Sterrekunde
Alma mater Universiteit van Missouri, Princeton-universiteit
Doktorale promotor(s) Henry Norris Russell
Doktorale student(e) Georges Lemaître, Cecilia Payne-Gaposchkin
Bekend vir Die vasstelling van die Son se posisie in die Melkweg
Toekennings Henry Draper-medalje (1926)
Goue medalje van die Koninklike Astronomiese Genootskap (1934)
Bruce-medalje (1939)

Harlow Shapley (Nashville, Missouri, 2 November 1885 – Boulder, Colorado, 20 Oktober 1972) was ’n Amerikaanse sterrekundige wat veral bekend is omdat hy aan die begin van die 20ste eeu die Son se posisie in die Melkweg bepaal het. Hy het sterrekunde aan die Universiteit van Missouri en die Princeton-universiteit studeer. Daarna het hy as ondersoeker gaan werk by die Mount Wilson-sterrewag in Kalifornië.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search